AfricaComplaints.com » Newspapers & Magazines » Complaint / review: Die Burger - Swak diens na 24 jaar se subskripsie | #73031

Die Burger
Swak diens na 24 jaar se subskripsie

Ek is reeds vir 24 jaar `n intekenaar van Die Burger. Sedert 2012 het hul 'n probleem met hernuwings kennisgewings wat nie uitgaan nie. Na vele oproepe en eposse, kon ons uiteindelik ons subskripsie hernu in 2012. Hierdie jaar gebeur presies dieselfde, aflewering van die koerant word summier gestop, laaste Burger ontvang op 22 Maart 2013. Kontak Saterdagoggend die persoon wat in beheer is van aflewering, "Jammer meneer, u subskripsie het verval! " (Julia September)
My verweer was dat ek geen rekening ontvang het nie. "Ek sal gou vir meneer rekening epos." Binne 5 minute nadat ek die rekening ontvang het, betaal ek R1637.87 elektronies oor in Media 24 se bankrekening. Ek epos onmiddellik bewys van betaling. Dit is vandag 27 Maart - steeds GEEN aflewering van Die Burger. Waar le die fout? Ek het my deel van die ooreenkoms nagekom... Na soveel jare verdien ek beter diens as dit.

Date:

Company: Die Burger

Country: South Africa   City: Kaapstad

Category: Newspapers & Magazines

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google