AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Cell C - Swak Sein / Dekking | #125272

Cell C
Swak Sein / Dekking

Ek ondervind sedert ek by my huidige adres woon (September 2009) probleme met swak sein/dekking vanaf Cell C. Ek het in 2009 daaroor gekla. Die vooruitsig is aan my gestel deur Cell C dat nuwe torings beplan word en dat ons dan beter sein/dekking sal geniet. Begin Desember 2012 het ek na Cell C se agentskap te Brits Mall oor klagtes met my foon (BB Bold) se swak ontvangs by my woning/werkplek. Daar is aan my genoem dat Cell C is besig om die torings op te gradeer en my probleem sal binnekort iets van die verlede wees. Met dit in gedagte het ek my kontrak hernu en selfs 'n Tablet op kontrak geneem. Die Tablet kan ek glad nie by my huis gebruik nie, sein te swak. Sederdien het die sein "verbeter" van Edge na 3G, maar sodra jy bel of sms val dit na GSM of net weg. In Februarie 2013 is aan my genoem dat die finale verstellings word gedoen dan sal die seine binne 4 weke verbeter, dan sal die torings na Thabazimbi aan die beurt kom. Ek het toe 'n klagtevorm by Cell C ingevul met die gedagte dat ek die tegnikuste van die probleem verwittig en terwyl hulle besig is, dit kan uitklaar. Sederdien geen verbetering. My kant van die kontrak is op datum betaal en 100%, MAAR NIE CELL C KANT NIE.

Date:

Company: Cell C

Country: South Africa   City: Brits

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google