AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Kalahari.com - Ek is AFRIKAANS!!! | #307176

Kalahari.com
Ek is AFRIKAANS!!!

Op 29 November 2013 het ek 2 boeke vanaf [URL Removed] bestel, een vir myself, die ander as 'n geskenk. Myne het ek 3 weke terug ontvang. Die ander een is nogsteeds in 'progress' gewees. Ek't aanlyn gegaan en die boek gaan kanselleer, aangesien ek dit nie meer wil h? nie. Ek't die 086... nommer geskakel en opsie 2 gekies, wat vir Afrikaans sprekendes is... so hou ek vir 5 minute aan en eindelik antwoord 'n vrou (ongelukkig het ek nie haar naam gekry nie). Sy's toe nou Engels. Ek vra in Afrikaans vir hulp en sy antwoord my: I don't understand Afrikaans, speak English. So... nou kan jy jou voorstel... ek wip eers my stert oor ek die opsie gegee is om in AFRIKAANS gehelp te word, en tweedens oor hierdie vrou my houding gee!
Ek is ook baie teleurgesteld in hul diens wat aflewering betref. Nou moet ek 3 na 5 werksdae wag voordat ek die krediet op my rekening kan sien en voordat ek iets anders kan bestel.
Ek hou baie daarvan om by Kalahari te bestel, maar hierdie soort ondervindings sal my die vlaktes laat in hol!!!

Date:

Company: Kalahari.com

Country: South Africa   City: Johannesburg

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google