Ek het 'n boek en kalender bestel en betaal op die 7de November 2013 en tot en met vandag nog niks gekry nie, alhoewel ek al hoeveel keer gebel het en beloftes gekry het. Leserskring het kwansuis vir my 'n trackingnr gegee maar volgens die poskantoor bestaan dit nie eens nie. Ek het ook gevra vir Koerier aflewering en nie die poskantoor nie. Vandag toe ek bel se Caroline by Leserskring vir my dat ek R295 skuld want ek het WEER die boek en kalender bestel wat glad nie waar is nie, ek sal nooit in my lewe weer by Leserskring bestel nie. Kan julle asb vir my probeer uitvind wat aangaan aangesien ek absoluut geen terugvoering van hulle af kry nie
Baie dankie
0 comments