Op Maandag, 23 Desember 2013 het ek en my man my motor na Tiger wheel en tyre Wonderboom, Pretoria geneem. Daar was fout met die wiele en ek wou ander wiele opsit. Die konsultant (ek weet ongelukkig nie wat sy naam is nie) het my vriendelik en profesioneel gehelp. Die tyd was 16:50. Hulle sluit 17:00. Hulle was bereid om my te help al was dit alreeds laat. Na hulle die wiele gedoen het, het hul agter gekom daar is nog 'n fout op my motor. Hulle het my motor herstel en teen 18:40 was hul eers klaar. Ek is so dankbaar vir sulke behulpsame mense. Sulke puik diens maak dat ek enige dag sal terug gaan na hulle toe. Weereens baie dankie vir julle hulp gister middag/aand.
0 comments