Ons troue is in Desember en ek het al verskeie kere eposse gestuur met navrae oor pryse ens. ek het nogsteeds niks terugvoer gekry nie. ek het toe ook navraag direk op hulle fb blad gedoen en kry elke keer die antwoord " mail ons by ..." dan stuur ons die info. ek kry geen reaksie nie. ek besluit toe om maar eerder na iemand anders te gaan. tot my skok sien ek toe maar ek is nie die enigste wat so sukkel nie, en wat baie opvallend is, is dat toe mense begin kla toe is daar ewe skielik komplimente wat direk na mekaar opgesit word??? ek was verseker maar net een van die ongelukkiges. maar ek het gelukkig reggekom met my bestelling. as hulle te besig is hoekom stel sy nie nog mense aan nie??? of spandeer minder tyd op fb??
0 comments