AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Shoprite - Ou vleis word gemarineer en weer op rak geplaas | #131175

Shoprite
Ou vleis word gemarineer en weer op rak geplaas

Het vandag by die slaghuis best, van Shoprite George navraag gedoen oor gemarineerde lamsvleis. Hy het aan my genoem dit is alles uitverkoop en sal eers weer beskikbaar h? wanneer die huidige lamsvleis van kleur verander of hul vervaldatum bereik. Ek dink dit is `n skande dat hulle ou vleis neem, dit marineer en weer op die rak plaas om verkoop te word. Hierdie is ook beslis `n skending van my en die ander kliente se mense regte. Ek kan nie glo dat Shoprite so skelm en oneerlik kan wees nie, en ek eis dat die skuldiges onmiddelik verhoor en ontslaan moet word. Die owerheid behoort onmiddelik `n ondersoek te loods by alle takke, want as dit by een tak gebeur glo ek dit gebeur by ander takke ook. Ek wil graag almal wat vleis by Shoprite koop waarsku dat hulle ou vleis koop en maar twee keer sal dink voordat u weer vleis daar koop. Betaal eerder bietjie duurder by `n slaghuis maar weet dat dit vars vleis is wat u kry. Ek gaan beslis ook `n verslag aan die regering stuur en vra dat die voorval op hoe vlak ondersoek moet word. Sies Shoprite, dit is skandelik.

Date:

Company: Shoprite

Country: South Africa   City: Market str. George

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google