AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: Solidariteit - Vloedskade Strand. Lexus Voertuig | #271355

Solidariteit
Vloedskade Strand. Lexus Voertuig

Ek het die 1ste Oktober 2013 oorgeskakel na die Solidariteitsversekerings opsie. Vrydag 15 November 2013 het die Strand 'n ernstige vloed gehad. Ongelukkig het my splinternuwe Lexus in die oprit gestaan en die watervlak was so hoog dat die water ongelukkig binne die motor gekom het. Ek was nie tuis nie maar in Mphumalanga. My redding kom toe in die persoon by name van Comera Human by die eise departement. Wat 'n plesier om met hom te deel. Baie simpatiek en uiters flink en profesioneel het hy onmiddelilik gereel dat my voertuig verwyder en gestoor word totdat die skade bepaal kon word. Comera het my deurentyd op hoogte gehou van die vordering aangaande die eis.

Comera, jy verdien 'n goue sterretjie op jou voorkop. Mooi so en knap gedaan. Hierdie was een ster in my nood wat NIE verskiet het nie. Doen so voort en ek vertrou dat jou Seniors deeglik kennis neem van jou goeie diens.

Mary-Jane M Pretorius/Strand

Date:

Company: Solidariteit

Country: South Africa   City: Capetown

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google