AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Imperial Ford And Mazda - Belaglike swak diens | #277257

Imperial Ford And Mazda
Belaglike swak diens

Ek het 31 Januarie 2013 my eerste motor gekoop by "Porters Auto" Imperial Ford en Mazda Kroonstad. Fantastiese diens by verkope ontvang net om toe teleurgestel te word deur die diens afdeling. My voertuig het net onder 10 000 km op gehad en is in vir die eerste diens. Ek het my voertuig ontvang en is vulstasie toe om vol te maak waarna (1) my brandstof liggie aan gekom en gebly het, (2) My agterligte asook briekligte glad nie gewerk het nie, (3) Modderskerm heeltemal losgekom (4) Sleutelhouer mors af gebreuk. Neem toe voertuig terug, ek is ingelig dat die dieseltenk asook ALLE sensors vervang moet word (splinternuwe motor), hulle het eenvoudig gese die modderskerm is nie hulle verantwoordelikheid. (5) Klim in by my passasierskant en besef rubber tussen deur en venster is net eenvoudig weg. Bel die diensafdeling, ek moet voertuig inbring, rubber is nie hulle verantwoordelikheid iemand moes dit kastig afgesteel het. Nou verwag hulle van my om die geld vir rubber op te dok, en se "wie dink jy gaan betaal ons? " Nadat ek geweier het is daar skielik met my ongeskik geraak, ek is mos 'n vrou. Ek raai elke persoon wat oor my pad kom, om myle verby Imperial te ry. Hoeveel kanse moet mens gee

Date:

Company: Imperial Ford And Mazda

Country: South Africa   City: Kroonstad

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google