AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Life Healthcare - Bad healthcare service from Wilgers | #91637

Life Healthcare
Bad healthcare service from Wilgers

Dit spyt my om weer vir jou te kontak aangaande onaanvaarbare diens wat ons van Wilgers Hospitaal ontvang (vorige swak diens was met my ma 3 Julie 2012). Hierdie keer is dit my pa, Andre Spengler wat in die "Mediese Saal" opgeneem is. Hy is hier opgeneem onder die sorg van Dr Venter nadat hy Dinsdag oorgeplaas is vanaf Durban se Ithekwini Hospitaal

My pa het einde November 'n beroerte gehad en het neurologiese skade opgedoen. As gevolg hiervan, het hy noukeurige sorg nodig soos uiteengesit op die kennisgewing in sy kamer HY IS SO TE SE VERLAM. Die personeel in die saal kom egter die duidelike instruksies, nie na nie aangaande sy vloeistof iname (hy moet uurliks vloestof inneem, toe ek hom Dinsdagaand besoek het het hy nog geen vloeistof gekry nie nadat ongeveer 5 uur aan julle personeel oorhandig is. Daar was geen water langs sy bed nie net n bottel coke wat hy in die ambulaans gehad het), soort kos wat hy kan eet (hy is afhanklik dat iemand hom moet voer en toesig hou dat hy sy kos korrek eet en sluk sonder om te verstik, hy het Dinsdagaand eers 8 uur kos gekry nadat ons daarvoor gevra het. Toe ons hom Dinsdagaand kom besoek het, het hy nie eers op 'n "trek laken" gele nie.

Date:

Company: Life Healthcare

Country: South Africa   City: Die Wilgers Hospitaal

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google