AfricaComplaints.com » Education & Science » Complaint / review: Impak Education - Final Skool verslag vir Graad 5 | #294286

Impak Education
Final Skool verslag vir Graad 5

Op die 18 Desember 2013, wat twee dae is voordat IMPAK vir die Desember vakansie gesluit het, is die volgende boodskap aan IMPAK gestuur: "Goeie dag, ooo nee die punte wat op die verslag vir November verskyn is denitief nie Clinton s'n nie. Hulle is verseker nie die punte wat ek vir hom ingestuur het nie. Kyk asb na die "Clinton Des" file wat aangeheg is. Dit is die punte wat hy behaal het en ook deur ons ingestuur is. Ek sal dit baie waardeer indien u die punte kan regstel en die kommentaar ook. "

Volgens die punte wat ingestuur is het Clinton 'n gemiddelde van oor die 60% behaal, maar die verslag van IMPAK se punte is totaal anders en daar word selfs genoem dat die kind sy graad pluk en dus moet herhaal.

In kort so 'n fout behoort tog dringende aandag van die IMPAK personeel te ontvang aangesien daar 'n groot verskil is tussen "Slaag" en "Pluk" is. Met sulke administratiewe probleme is dit moeilik om enige beplanning te doen.

Ek hoop tog dat die bestuur van IMPAK hierdie saak dringend sal regstel met die hoop dat toekomstige probleme vermy gaan word.

Hagen Binding

Date:

Company: Impak Education

Country: South Africa   City: Johannesburg

Category: Education & Science

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google