AfricaComplaints.com » Education & Science » Complaint / review: Principal Primary - Skool stelsel | #139511

Principal Primary
Skool stelsel

Ons skool gebruik die stelsels van Principal Primary waarvoor ons maandeliks betaal - dis 'n koste vir huur van die gebruik van die program, "back-ups", R 1.00 per maand per kind.

Elke keer wanneer dit by punte invoer kom, wanneer rapporte moet uitgaan is daar probleme met die stelsel. Die skole is gevra om die wat nie rapporte uitstuur in die tweede kwartaal nie, asb nie punte moet invoer nie en wag tot in die vakansie / tot die grootste druk verby is.

Dis elke kwartaal se storie vandat die nuwe stelsel geimplimenteer is. Ek voel dit is onregverdig om betalings te verwag van skole as stelsel nie werksaam is nie / ons gevra word om te wag om op die stelsel te werk.

Waarvoor dan die betaling van R 1.00 per maand per kind? Onderwysers werk slegs op stelsel as punte ingevoer word - nou kan niemand punte invoer nie. Ons sperdatums word ook nie meer bereik nie en plaas die skool in 'n slegte lig.

Ek het met mnr Daan gepraat, hy het verduidelik dat hulle die probleem aanspreek, maar daar is geen oplossing vir die probleem nie.

Date:

Company: Principal Primary

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Education & Science

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google