AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Denttech - Unprofessional Service delivering | #61821

Denttech
Unprofessional Service delivering

Ons versekering het die kwotasie vir herstelwerk by denttech goedgekeur op 11 Januarie 2013. Ons het denttech gekontak om te hoor wanneer ons die voertuig moet inbring omdat ons weet hulle besig is en ons intussen nog die voertuig kan gebruik. Dentttech het gese ons kan die woensdag die voertuig inbring (16 Januarie 2013). Ons is 'n sekuriteitsmaatskappy en kan nie bekostig om sonder 'n voertuig te wees nie. Ons huurvoertuig van die versekering is slegs vir een maand of 6000km goedgekeur. Teen die tyd wat ons 6000km bereik het was die voertuig steeds nie gereed vanaf denttech nie. Ons kostes vir die huurvoertuig beloop tans R13 099.25.Wanneer ONS navrae rig word die een na die ander storie deur Neil aan ons oorgedra... sy stories en die sms'e wat ons ontvang is teenstrydig soos die een wat spesifiek vandag 10h40 ontvang is. Wat is die rede dan om 'n voertuig te laat inkom vir herstelwerk maar parte is nie beskikbaar nie en herstelwerk kan nie gedoen word nie? Die voertuig kon ons nogsteeds gebruik het in afwagting vir die sogenaamde parte en of een of ander probleem! Onkostes vir 'n huurvoertuig is alreeds die helfte van die herstelkwotasie... en dan moet ek nog 'n bybetaling betaal...

Date:

Company: Denttech

Country: South Africa   City: Rustenburg

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google