My vrou het haar voertuig volkswagen kombi verkoop. Ek het persoonlik e pos gestuur waarop ek virseker versoek het om die voertuig vanaf assuransie af te haal. Dit is nooit gedoen nie. Ek het met mnr Rowan Ritchie begin korrespondeer rakende die terugbetaling, asook bewys van e pos en ons kontrak met koper aangestuur.
Nou word daar versoek dat die registrasie dokument met nuwe koper voorgele word vir bewys. Ek het koper gebel maar na verskeie probeerslae kom hy nie terug nie my toe nie. Dit is ook nie my plig om dit te verkry nie, die saak gaan oor die werk wat nie gedoen was op 16 Februarie 2022 waar ek opdrag gegee het dat kombi afgehaal moet word. WIE was verantwoordelik om dit te doen maar het versuim. Ek verlang terugbetaling in hierdie aangeleentheid
Johan Bosch
0 comments