AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Greyling Transport - Swak diens!!! | #138639

Greyling Transport
Swak diens!!!

Ons meubels is vervoer vanaf Pretoria na Kloof, Durban einde Februarie. Dit is erg beskadig tydens die trek en na 'n redelike woordelwisseling het Mnr Greyling het hy die meubels omtrent na 'n maand kom kry om te laat herstel, omdat hulle poging sonder ons medewete onsuksesvol was. Dit is omtrent nou 3 maande terug en ek het nog steeds nie my meubels terug ontvang nie. Volgens Mnr Greyling is die herstelwerk gedoen maar ek het nog steeds niks in my besit nie. Elke keer het hy 'n storie van volgende week, volgende week. Hy wil nie enige moeite doen om my meubels terug te kry by my wat hy beskadig het nie. Hy wil wag totdat hy eendag 'n trek het wat afkom Durban se kant toe en dan die meubels saamstuur. Verlede week was daar 'n belofte van volgende week en woensdag. Wel dit is vandag Woensdag en my meubels staan nog steeds in Pretoria. Soos dit nou vir my voorkom gaan ek nooit my meubels ontvang nie. Ek dink net dit sou iets beteken het van sy kant af aangesien hy die meubels beskadig het om dit weer so gou as moontlik in my besit terug te kry. Ek is die een wat sonder die helfte van my sitkamer sit. Regsadvies lyk tans na die enigste opsie om my goed terug te kry.

Date:

Company: Greyling Transport

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google