AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Barloworld Motor Retail - Aankoop van voertuig | #131360

Barloworld Motor Retail
Aankoop van voertuig

Op 10 Mei 2013 het ons 'n Toyota Yaris T3 Spirit automaties aangekoop by Barloworld Toyota Kuilsrivier teen 'n bedrag van R92800 sonder inruiling en kontant betaal, sonder enige afslag, want die prys is "in die kol" is en ons het dit aanvaar omrede ons nie insae in 'n Mead & McGrouter boekie gehad het nie, en nadat ons gevra het of die voertuig dalk 'n stamp gehad het, verseker dat dit nie die geval is nie.
Foute op die voertuig: 1. die lugfilter ondig en gebuig. 2. Dat die voertuig 3 verskillende soorte bande op gehad het waarvan een 2 spykers in gehad het. 3. Dat die voertuig wel 'n stamp gehad het. 4. Ratkasolie swart was.
Volgens die Automark diens sertifikaat was alles korrek gemerk.
Met ons klagtes het hulle ges? dat hulle 3 nuwe bande sal vervang en ons het aangedring op Continental bande waarvan 1 reeds op die motor was. Daarvoor moes ons R200per band opbetaal.
Die stamp aan die voorkant is net eenvoudig deur hulle geignoreer.
Aan die einde wou geen Assuransie Maatskappy die voertuig vir meer as R80000 verseker nie.
Nou vra ek net: Het enige een wat hierdie brief lees dalk dieselfde of soortgelyke ondervinding gehad of is dit omdat ons in die pensionaris stoel sit?

Date:

Company: Barloworld Motor Retail

Country: South Africa   City: Kuilsrivier

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google