AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Mccarthy - A1 1.6 TDI | #133150

Mccarthy
A1 1.6 TDI

Ek het my Honda ingeruil op A1. Handelaar het my R114000 aangebied vir my motor en binne drie dae is op OTP verander na R100000. Ek het dit aanvaar want hulle het ges? hulle gee my afslag op die A1. Ek het die A1 een dag gehad toe werk die verwarmer nie. Die voertuig het 'n week in die werkswinkel gestaan. intussen het ek 'n leen voertuig A1 gery watse radio nie gewerk het nie en toe ek my motor terug ontvang het die ligte en lugversorger nie gewerk nie. Weer het die motor na die diensstasie gegaan en toe ek my motor terug ontvang het die verwarmer weer nie gewerk nie. Dorietha het toe die A1 terug geneem. Ons het vandag ooreengekom om die transaksie te kanselleer. McCarthy Audi is nie bereid om my R100000 vir my terug te gee nie hulle wil my inruil voertuig terug gee. Ek het besluit om die R100000 as deposito te gebruik. Ek is bitter teleur gesteld in Audi nadat twee verskillende nuwe A1 probleme gegee het en nou wil hulle nie my geld terug gee nie en dit nadat hulle produk nie op standaard was nie! Ek het 'n A1 gekoop 'n maand terug wat ek nog glad nie kon geniet nie!! Ek wou myself bederf na my kanker behandeling. dit was GEEN bederf dit was net 'n teleurstelling!

Date:

Company: Mccarthy

Country: South Africa   City: Wonderboom

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google