AfricaComplaints.com » Cafes, Bars, Restaurants » Complaint / review: John Dory s Fish - Vrek harde steak | #76673

John Dory's Fish
Vrek harde steak

Ons het by John Dory's Richardsbaai gaan eet die 30e Maart 2013. Alhoewel ek allergies is vir alle seekos, was daar darem omtrent 7 ander rooivleis items op die spyskaart waarvan ek kon kies - hulle kan gerus daarop uitbrei!!! Ek bestel toe 'n steak wat die kelnerin voorstel. Met my bestelling het ek gevra dat dit MEDIUM moet wees. Die steak was sag om die kante - 1cm rondom, maar die res van die steak was kliphard en wit??? Ek het dit onder die aandag van die kelnerin gebring wat op haar beurt die bestuurder geroep het. Hy het vir my iets anders aangebied, maar ek het rerig nie lus gehad vir nog so 'n teleurstelling nie. Of my (Poging) tot 'n steak op die rekening was, weet ek nie. Ons het net bygedra tot die rekening en my man het nie gekyk wat als op was nie. Baie teleurgestel in die gehalte van die kos, aangesien my man ook nie gelukkig was met sy platter nie. Byges? dis die eerste keer wat ons by 'n John Dory's gaan eet het!!!

Date:

Company: John Dory's Fish

Country: South Africa   City: Richardsbaai

Category: Cafes, Bars, Restaurants

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google