AfricaComplaints.com » Cafes, Bars, Restaurants » Complaint / review: Spur Steak Ranches - VERJAARSDAG PARTYTJIE 26 MEI 2013 | #120184

Spur Steak Ranches
VERJAARSDAG PARTYTJIE 26 MEI 2013

Ek het 'n verjaarsdag partytjie gereel by Arrowridge Spur vir 26 Mei 2013 omtrent 'n maand gelede. Hulle het die bespreking gemaak vir 10 kinders en omtrent so 8 grootmense. Ons was 2 weke terug op 'n maandag aand by dieselfde Spur om daar te gaan eet en het sommer seker gemaak van die bespreking. Die bespreking was wel gedoen. Gister 26 Mei 2013 om ongeveer 11:20 het ons by die spur aangekom vir die partytjie wat vir 12 uur tot bespreek is en het een van die kelners by die deur vir ons laat weet dat nog net die kinder tafel gereed is maar nie die die ander tafel nie. Die tafel was mooi gedek, reg vir 'n kinderpartytjie, MAAR DIE SPEELPLEK het 'n kennisgewing op wat se dis TOE vir die volgende 2 weke. Die bestuurder / deel eienaar Eugene het nadat ons gekla het oor hoekom ons nie ingelig is oor die speelplek nie, vir ons kom s? dat 'n staflid by Spur moes ons geskakel het en hy is baie jammer maar hulle hou nie partytjies op sondae nie ens. Hy het die skuld op 'n staflid probeer sit wat vir my onaanvaarbaar is en in ons gesigte gelieg aangesien daar reeds tafels gedek was vir ons partytjie en 'n ander partytjie. Ek moes my partytjie na 'n ander venue skuif.

Date:

Company: Spur Steak Ranches

Country: South Africa   City: ANNLIN

Category: Cafes, Bars, Restaurants

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google