AfricaComplaints.com » Cafes, Bars, Restaurants » Complaint / review: Cattle Baron - Wat n teleurstelling op my verjaarsdag! | #171701

Cattle Baron
Wat 'n teleurstelling op my verjaarsdag!

Ek is deel van die Grand Dining Club&het op Cattle Baron, Canal Walk besluit om my familie uit te vat vir ete (groep van 12). Wat 'n teleurstelling! Ek het gebel&gebook&met die waiter bevestig om onder te sit&is ons sommer in die smoking area geprop. Eers daar gekom moes hul vir ons 'n tafel bo regmaak. Toe van my gaste opdaag was hul weg gewys met die antwoord dat daar nie 'n booking gemaak is nie, terwyl ons al in die restaurant sit! Met bestel van drankies het sommige se drankies gekom en ander nie. Met bestel van voorgereg het 2 mense se voorgereg gekom by die 1 tafel, NA hul klaar geeet het, het die ander tafel se voorgereg opgedaag&toe hul klaar is het die 1ste tafel se voorgereg 'n paar minute net voor hoofgereg uit gekom. Ons het dit terug gestuur want hoe eet 'n mens nou alleen voorgereg. Met hoofgereg het weereens 2mense se kos opgedaag&NADAT hul KLAAR geeet het die res van ons se kos gekom, waar 4 van hulle dit terug gestuur het omdat dit yskoud was. Nie almal het eers hul bykos (pampoen en spinasie) ontvang nie. Toe ons by die manager complain het sy vir ons gese dat ons nagereg op die huis sal wees&saam bedien sal word, maar nie eers dit kon hul reg kry nie. Baie teleurgesteld!

Date:

Company: Cattle Baron

Country: South Africa   City: Canal Walk

Category: Cafes, Bars, Restaurants

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google