AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Donkin Country House - BESPREKING CE DOYLE 2 JAN 2014 6953902 | #305458

Donkin Country House
BESPREKING CE DOYLE 2 JAN 2014 6953902

Ek het plek bespreek deur SafariNow vir die aand van 2 Jan 2014 n maand voor die tyd. Bevestiging was verkry dat daar wel akkomodasie beskikbaar is en moes ek 50% deposito betaal binne 48 uur wat ek wel gedoen het. Op 3 Des 12.04 het ek bevesting gekry vanaf SafariNow dat bespreking gedoen is. Gearriveer by Donkin Country House die middag van 2 Jan 2014 en na n lang gewag was ek meegedeel die bespreking is nie gedoen nie. Ek het die bewyse van betaling en bevestiging vir hulle gegee maar ongelukkig is die plek vol en word verwys na n ander gastehuis en moes ek weer betaal. Volgens hulle het SafariNow nie die bevestiging deurgestuur nie. Hulle kon die probleem eers die volgende oggend uitsorteer en my laat weet. Hulle het my verwys na ONS HUISIE in van der Merwestraat en was dit die swakste, heel swakste gastehuis wat ek nog ooit in gewoon het. Vir die gastehuis het ek R1000 vir die nag te veel betaal. Die volgende oggend het Beata van Donkin Country House my geskakel en meegedeel dat die fout by hulle le en die eienaar vra verskoning en sal my geld terug betaal. Ek het my bankbesonderhede vir haar gegee en is dit nou al 11 dae later en my geld is nog nie in betaal nie. WAT NOU

Date:

Company: Donkin Country House

Country: South Africa   City: Beaufort Wes

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google