AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Platinum Life - Traumatiese ervaring, nog erger gemaak | #300588

Platinum Life
Traumatiese ervaring, nog erger gemaak

Wat ek gedink het is n wonderlike polis om uit te neem is besig om in n nagmerrie te ontaard. Ek het die kanker polis vir my en my gesin uitgeneem en dit toe ook by my ma aanbeveel. Ongelukkig is my ma toe op 18/12/2013 met kanker gediagnoseer en moes sy n masektomie onder gaan. Groot was my verbasing toe ek die papierwerk aan vra om my ma te help met alles, om te sien hoe baie goed benodig word (en baie van dit onnodig!), maar ons het dit ingevul, nou is als gefaks en ingestuur, maar steeds moet Platinum Life hierdie moeilike tyd in ons lewens nog erger maak. Hulle het als swart op wit, maar kontak steeds my ma vir vra soos, het jy vroeer kanker gehad (3 dr's het op die eis vorms geskryf NEE), gaan u nog operasies moet ondergaan? (hoe in die lewe sal ons nou weet???) Wat gaan aan Platinum? Was ons Kersfees en Nuwe Jaar nie traumaties genoeg nie??? Of soek julle net n verskoning om nie uit te betaal nie??? Glo my ek oorweeg dit en ek SAL my polis kanselleer as dit nodig is!!!

Date:

Company: Platinum Life

Country: South Africa   City: South Africa

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google