AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: First National Bank - Promises broken | #280688

First National Bank
Promises broken

Ek is 'n nuwe klient van FNB. Op 19 November 2013 het ek oorgeskakel omdat ek onder die indruk was dat hulle vinnig is en dat oorskakeling net 10 min neem. Ja wel sover is my rekening oop maar blykbaar het FNB 'n kommunikasie probleem as dit by debit orders kom. Ek het van die 19de November al die nodige vorms ingevul en gestuur. Kort-kort kry ek 'n email of 'n text boodskap dat my debit order switching vorm nie volledig is nie of nie duidelik genoeg is nie. Ek het telkemale die betrokke vorm oor en oor gemail en telkemale die nodige "ontbrekende" en "onduidelike" inligting telefonies oorgegee. Maar elke keer bly dit by die selfde probleem, kry onvolledige inligting van die call centre. 'n dame het versoek ek kan nie my bankstate stuur dan sal FNB die debit orders uitsorteer aangesien ek nie die beneficiaries se bankbesonderhede het nie. vandag weereens 'n mail van FNB oor onvolledige inligting NADAT ek die bankstate vir call centre gestuur het, was dit nie genoeg nie want hulle soek die bankbesonderhede. Ek het my eie debit orders in 20 min verander. Een van my benefeciaries het laat weet dat FNB het nie 'n poging aangewend om hulle te kontak nie. Dankie FNB!!!

Date:

Company: First National Bank

Country: South Africa   City: Mybranch

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google