AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Absa - Electronic Banking | #232023

Absa
Electronic Banking

Na 'n baie ernstige fout met ABSA se elektroniese bankdienste het dit my amper 4 maande en 20 epos boodskappe gekos om uit te vind dat ABSA net glad nie omgee wat hulle kliente se problem is nie. Daar is geen behoorlike fout rapporteringstelsel nie - hoewel daar met elke epos 'n nuwe fout verwysing gegee word. Niemand kan hierdie fout verwysings opvolg of se wat die status is nie.

Die bietjie terugvoer wat ek wel gekry het, het of gese hulle werk aan die probleem, of dat die probleem opgelos is. Ek is nie eers seker of ABSA my probleem verstaan het nie. Dit is om van te skreeu. Self nie eers as ek uit gefrustreedheid dreig met optrede was daar enige reaksie nie.

Die probleem het gehandel oor 'n betalingsbewys wat op Vrydag 21 Jun aan my gestuur is na 'n elektroniese oordrag aan 'n verskaffer. Die betalingsbewys het gladnie ooreengekom met die transaksie of die begunsdigde nie. Elke keer as die betalingsbewys aangevra is, het dieselfde probleem voorgekom.

Date:

Company: Absa

Country: South Africa   City: Centurion

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google