AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Budget Insurance - BAIE SLEGTE DIENS!! | #67166

Budget Insurance
BAIE SLEGTE DIENS!!

Ons het 'n haelstorm op Harrismith gehad die 15de Februarie 2013. Ons kar het skade opgedoen. Ek het Maandag die 18de Februarie 2013 die versekering geskakel en dit aangemeld. 'n Week later het hulle my laat weet dat iemand na die kar sal kom kyk. Nog 'n week later het hulle weer gebel en gese die assessor is baie besig in ons streek, maar hulle sal nog by my uitkom. Nog 'n week het verby gegaan en niemand het ons weer gekontak nie. Ek het weer navrae gedoen en hulle het my laat weet dat die paneelkloppers vir my sal laat weet wanneer die assessor sal uitkom. Die paneelkloppers het my Vrydag die 15de Maart 2013 geskakel en gese ek moet die kar Maandag 18 Maart 2013 by die paneelkloppers he. My kar het die hele dag by die paneelkloppers gestaan, maar geen assessor was naby die kar nie. Vanoggend 19 Maart 2013 bel die paneelkloppers en se die versekering het toestemming gegee vir die herstel van die motor. Hulle het tot 'n bedrag gegee, maar niemand weet waar hulle aan daardie bedrag gekom het nie. Ek wil nou graag weet hoe het dit gebeur dat die versekering weet hoeveel dit gaan kos om my motor reg te maak, maar niemand het nog 'n kwotasie daarvoor gegee nie.

Date:

Company: Budget Insurance

Country: South Africa   City: Harrismith

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google