AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Capitec Bank - Capitec bank mislei voornemende kliente | #174596

Capitec Bank
Capitec bank mislei voornemende kliente

Capitec bank mislei die publiek met allerhande valse beloftes. Daar word aan jou gese dat jy gelde by sekere winkels kan onttrek, kom jy egter by die betrokke winkels dan wil hulle jou verplig om eers aankope bo `n sekere bedrag te doen voordat jy geld kan onttrek. Nou moet ek iets koop wat ek nie wil he nie net sodat ek geld kan onttrek. Bel jy die klientediens dan het elke konsultant `n ander storie. Kom ek by die tak, dan stel die bestuurder nie belang om met jou te gesels nie, want hy is besig om `n rekenaar te herstel. Wou vandag internet oorplasings gedoen het net om uit te vind die program op my foon is skielik foutief. Ek bel die kliente diens net om te hoor die probleem is nie by hulle nie en dat ek maar moet wag tot more om na die naaste tak te gaan sodat hulle weer my foon kan instel want ek mag dit nie self doen nie. My vrou neem haar foon en probeer ook om internet oorplasings te doen en kan ook nie. Wat `n klomp onopgeleide personeel, wat geen idee van bankdienste het nie. Ek glo duisende ander is net soos ek mislei. Dis `n skande dat so `n klomp narre toegelaat word in die bank wese. Ek en my vrou sal more beslis ons rekeninge sluit en weer teruggaan na `n ware bank.

Date:

Company: Capitec Bank

Country: South Africa   City: George

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google