AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Discovery Insure - Geen 50ppm BP-diesel | #108228

Discovery Insure
Geen 50ppm BP-diesel

Discovery Insure adverteer geld terug op brandstof wat by BP-vulstasies ingegooi word. Wanneer iemand 'n polis uitneem dan word daar nie gese dat 50ppm BP-diesel net by sommige BP-vulstasies in Gautneng beskikbaar is nie. Discovery Insure het tog die volledige besonderhede van die voertuig wat verseker word en weet of dit diesel of petrol is. Na my mening kan die operateur vermeld dat 50ppm BP-diesel net op enkele plekke beskikbaar is. Op geen plek word dit uitgelig nie. Dit is nie in die Noordelike Privinsie of Noordwes, Noord-Kaap of Vrystaat nie. Ek het die bloutjie met Discovery geloop en nou kan ek nie die voordeel ten volle gebruik nie. Na my mening is daar onder valse voorwendsel aan my 'n polis verkoop en dit wat geadverteer word is nie die hele waarheid nie.

Date:

Company: Discovery Insure

Country: South Africa   City: Noordwes

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google