AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Blackberry - Stukkende blackberry | #19077

Blackberry
Stukkende blackberry

Ek het amper 2 weke gelede ook op hierdie website geskryf van die swak gehalte van blackberry en het nog GEEN reaksie gekry nie! ek hoop egter my klagte werp nou vrugte af. laat ek weer my storie vertel! ek het in oktober 2012 ge-upgrade. ek het my telefoon nog nie eens 'n week gehad nie, toe is daar probleme met die telefoon. die antwoord knoppie werk nie en van tyd tot tyd gaan die telefoon net vanself af!
My telefoon is vervang en die nuwe een doen presies dieselfde! my vorige blackberry het net soveel probleme gegee! in die tussentyd moet ek betaal vir 'n kontrak waar my telefoon meer stukkend is as wat dit werk! ek wil nie meer die telefoon he nie.
ek dring aan op 'n nuwe selfoon - beslis nooit, ooit weer blackberry nie!!!
ek hoop ek kry nou reaksie op my klagte! ek is nou siek en sat om te sukkel met 'n telefoon waarvan ek nie behoorlik diens kry nie!
sover ek gaan, raai ek almal af om 'n blackberry aan te skaf! sover dit my betref is dit die grootste gemors wat ek al ooit in my lewe gehad het en my siening sal nooit verander nie!
ek hoop my klagte val nie hierdie keer weer op dowe ore nie!

Date:

Company: Blackberry

Country: South Africa   City: Paarl mall, paarl

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google