AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Pick n Pay - Pick `n pay, die swakste winkel ooit!!! | #219619

Pick 'n Pay
Pick `n pay, die swakste winkel ooit!!!

Het Vrydag en Saterdag 3 Pick `n Pay winkels in George besoek, opsoek na na produk wat hulle adverteer. Die eerste winkel (Family store) het geen idee van die ge-adverteerde produk gehad nie. In die ander 2 winkels (Supermarkte) het die 1 ook geen aanduiding op die rakke gehad dat hulle wel die produk het nie en die persoon by die rak het ook nie geweet waarvan ek praat nie. Die tak by die Garden Route Mall was ook uitverkoop. Die produk was `n Combo (dus 2 blikke wat saamgevoeg is). Ek het wel enkel blikke daar gesien en het gevra soos in die verlede of hulle van die 2 enkel blikke vir my kan saamvoeg as `n combo. Die asst. best. het geweier al het ek genoem dat hulle dat al voorheen gedoen het. Ek het die kliente diens geskakel en hulle het my laat weet dat die streekbest. Mnr. Moodlay ook weier. Ek kan nie sien waarom hulle nie net weer die 2 enkel blikkies bymekaar kon sit nie. Na al my tyd en brandstof om by 3 winkels aan te gaan. En hulle noem dit kliente diens. Mnr. Ackerman het so `n pragtige winkel groep op die been gebring, net jammer dat die huidige personeel en sogenaamde bestuurders is besig om dit af te breek. Hou dus op met julle misleidende advertensies.

Date:

Company: Pick 'n Pay

Country: South Africa   City: George

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google