AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Game - Damaged Goods | #19474

Game
Damaged Goods

Goeie dag, ek is baie bly om hierdie web bladsy te kon opspoor.

Ek het op die 24 November 2012, 3 van dieselfde HP Notebooks gekoop teen R4000.00 elk. Dit is kersgeskenke vir die kinders, nou ons het dit vroegtydig vir hulle gegee en ongelukkig was 1 van die laptop se skaniere gebreek. Het Game tak in Kimberley gekontak en hul het gese ons moet dit inbring en sodat hul daarna kan kyk of dit ons fout of fabrieksfout is. Wel ek is n besigheids vrou en het dit per geleentheid na hul toe geneem op die 15 Desember 2012. Hul het laat weet dat die fabrieke toe is en dat hul eers die 7 de Januarie 2013 sal oop maak.

Wel ek het n besigheids afspraak gehad die 9 de Jan 2013 en het daar aangegaan om te hoor hoe staan sake, wel dit sal die 11 de Jan by hul wees, weer gebel maar toe is ant jammer dit is na verkeerde plek gestuur, dit word nou na Johannesburg gestuur. Bel weer, selfde storie, jammer kan nie regmaak wag vir parte sal kwotasie stuur. Wat de hel, is eintlik nog nuwe Laptop, maar volgens hulle het ons dit gebreek. Kwotasie kos ons R717, 09. Ek is nie bereid om dit ook nog te betaal nie, dring aan op nuwe een, het reeds duur daarvoor betaal. Help asb, wag nog vir resultate
Dankie

Date:

Company: Game

Country: South Africa   City: Kimberley

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google