AfricaComplaints.com » Recreation & Entertainment » Complaint / review: Multichoice - Twee vooruitbetaalde Easy View rekeninge opgeskort | #53099

Multichoice
Twee vooruitbetaalde Easy View rekeninge opgeskort

Ek betaal jaarliks my twee DSTV Easy View rekeninge vir die jaar vooruit. Ek het egter versekering vir die een dekodeerder vir n bepaalde tydperk uitgeneem en ook daarvoor vooruit betaal.

Multichoice het dit egter goed gedink om wederregtelik die gelde wat vooruitbetaal is vir die Easy View rekeninge te gebruik om vir die verlenging van die versekering van die een dekodeerder te betaal. Nooit het ek aangedui dat ek met die versekering wil voortgaan nie, nog minder het ek hulle toestemming gegee om die gelde vir die Easy View rekeninge te gebruik om die verlenging van die versekering te finansier nie.

Ek is nooit verwittig dat hulle die gelde daarvoor aanwend nie. Die eerste keer wat ek daarvan bewus geword het, was toe Multichoice wederregtelik albei die dienste op 1 Maart opgeskort het.

Dit is nie die eerste keer wat ek uiters swak diens van hierdie verskaffer ontvang nie.

Date:

Company: Multichoice

Country: South Africa   City: Parow

Category: Recreation & Entertainment

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google