AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Woolworths - Versekering op rekeninge | #99919

Woolworths
Versekering op rekeninge

My man het Desember sy werk verloor, waarna ons het die nodige dokumente ingegee by Walmer Park PE. Die dame het gese daar is assuransie op die rekeninge, dat alles in orde is (het twee keer gevra), het ook gevra vir 'n verwysingsnommer, sy het gese daar is nie verwysingsnommers nie (ook twee keer gevra) Vier maande later ontvang ek 'n oproep van 'n prokureur. Ek het Walmer Park gebel, en die dame het vir my gese my man moet elke maand 'n affedavit inhandig vir elke maand wat hy nie werk nie, niemand het ons gese nie. Gister het ek weer gebel om te hoor wat aangaan, toe hoor ek dat daar geen assuransie op die rekeninge is nie. HOE WERK DIT? Die een oomblik het jy assuransie en vier maande later het jy nie. Woolworths het my man gebel om te se daar is nie assuransie op rekeninge nie, hy het geen oproep ontvang nie. HOEKOM BEL PROKUREURS MY VIER MAANDE LATER, HOEKOM HET HULLE MY NIE GEBEL OF GEMAIL NIE? Jy kry elke maand aanbiedinge, maar hulle kan nie 'n mail stuur oor 'n agterstallige rekening nie. HOE KAN WOOLWORTHS SULKE MENSE AANSTEL, JULLE GOOI JULLE NAAM WEG, MENS KAN NIE KLA OOR DIENS NIE WANT DAAR IS NIE DIENS NIE!!!

Date:

Company: Woolworths

Country: South Africa   City: Walmer Park PE

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google