AfricaComplaints.com » Politics & Government » Complaint / review: City Of Tshwane Municipality - HOE WATER REKENING | #246626

City Of Tshwane Municipality
HOE WATER REKENING

Ek is nou keelvol - my water rekening, let wel net water rekening is tussen R1000 en R1200 per maand, ek bly in 'n klein huis. Ons is drie persone wat daar woon en is gedurende die dag by die werk. Hierdie maand kry ek 'n rekening vir R3060.00. Ek soek asb 'n verduideliking en 'n kontak persoon om te gaan sien. Dis onaanvaarbaar, betaal jy nie word die water gesny en moet jy R500 betaal plus die rekening se balans voordat dit weer aangesit word. Ek soek NOU 'n antwoord asb. Nou moet mens 'n dag verlof insit om die hele dag in die vuil stad se vuil en patetiese kantore van Tshwane te gaan staan en dan stap jy nog steeds nie gelukkig daaruit nie. Wat word van die wereld, daar is verseker 'n fout met die lesing/rekening en nou moet ek die ongerief verduur want die mense wat BETAAL word om die werk/diens te lewer jaag aan.

Date:

Company: City Of Tshwane Municipality

Country: South Africa   City: CAPITAL PARK

Category: Politics & Government

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google