AfricaComplaints.com » Education & Science » Complaint / review: Impak Education - Versuiming om terug te betaal | #57915

Impak Education
Versuiming om terug te betaal

Ons dogter is geregistreer by julle 17 Januarie. Die betaling van R3100 is gemaak. 'n Paar dae daarna het die Pionierskool ons laat weet sy is aanvaar. My dogter is disleksies. Ons het 21 Januarie vir impak laat weet en so ook gekanselleer. Binne 7 dae volgens julle "Terms and Conditions". Jozwa Schreuder het die kansellasie eers 4 Februarie deurgestuur na die registrasie afdeling! 19 Februarie het Heidi Beetge ges? dis 'n langsame proses. Dit was nie langsaam om julle te betaal nie. 20 Februarie het Jacqueline Mclennan vir ons gevra of ons al die vorms ingevul het aangaande die kansellasie. Die bewyse moes ons weer e-pos. Jacqueline het ons laat weet dat alles nou afgehandel sal word en ons ons gelde binnekort sal ontvang. Ons wag nou nog. Die R3 100 moes gaan vir my dogter se skoolfonds by die Pionierskool. Ek het julle in kennis gestel daaroor. Julle stel my en my dogter in die verleentheid by haar nuwe skool. Ek het julle al hoeveel keer gekontak maar moes die heeltyd wag tot 'n konsultant beskikbaar word. Niemand is beskikbaar nie! Ons het vandag 'n e-pos ontvang dat my dogter moet aansluit op julle Facebook, Twitter en Linkedin. Ons gaan dit nie "Like" nie.

Date:

Company: Impak Education

Country: South Africa   City: Highveld Centurion

Category: Education & Science

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google