AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Purple Turtle Movz - Fantastiese diens PTM span | #257927

Purple Turtle Movz
Fantastiese diens PTM span

Hiermee wil ek net baie dankie se vir die professionele manier waarop Purple Turtle Movz ons trek vanaf Wellington na Bonnievale hanteer het.

Jou hele span mense het hul uiterste bes gedoen om behulpsaam te wees. Dit was so 'n groot hulp vir ons! En al was dit 'n stressvolle tyd, was dit 'n riem onder die hart om te weet dat ons op julle kon staatmaak.

Alles het seepglad verloop en elke lid van die span het bygedra en die ekstra myl vir ons geloop.

Dra asb ons opregte dank en waardering oor aan elkeen. En ook vir jou spesifiek wat ons bygestaan het met die vooraf-reelings, en ook met raad en daad bygestaan het!

Sterkte en voorspoed vir julle vir die pad vorentoe, mag julle net sukses bereik, want met sulke diens verdien julle dit.

Vriendelike groete

Date:

Company: Purple Turtle Movz

Country: South Africa   City: Gauteng

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google