Nadat ek nie goeie diens by twee van Outsurance se Call Centre agente gekry het nie, is ek deurgeskakel na Mohammed Cassojee wat alles in sy vermoe gedoen het om my korttermynversekering te hersien en my 'n verbeterde premie te gee. Hy het al my vrae sinvol beantwoord en ek was tevrede daarmee. Ek was op die punt om my twee motors se korttermynversekering te verander na 'n ander instansie maar Mohammed het met sy vriendelike en professionele gesindheid my tot ander insigte gebring deur met 'n beter premie vorendag te kom. Mohammed het ook die ekstra myl gestap en my in vriendelike Afrikaanse gehelp. Baie dankie! Hy het regtig agteroor gebuig.
0 comments