AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Afrihost.com - Patetiese diens en valse verklarings | #314454

Afrihost.com
Patetiese diens en valse verklarings

Ek probeer nou sedert November 2013 om 'n domain-naam oor te dra na 'n ander huisvesting maatskappy.
My klient het my opdrag gegee om die domain aan te vra en dit sal nou al die 3de keer wees dat dit aangevra word.

Wanneer ek die kantoor kontak word ek doodeenvoudig afgesny.
Wanneer ek die "live chat" op die webwerf skakel, antwoord hulle net nie.
Dit help ook nie jy laat boodskappe nie, hulle kom nie terug nie.

Nie eens te praat van hulle valse verklarings wat op hulle voorblad is nie:
Ek haal aan:

No Contracts. No Catch
We don't believe in contracts. You aren't locked in and you can simply cancel before the 25th of the month. So we'll always be doing our best for you.

Waarom moes my klient dan 'n 30 dae kennis gee?
Die kansellasie is in November gedoen wat beteken Desember 2013 was die kennis maand.
Dis nou al die 22 Januarie 2014 en al 3 keer die domain aangevra.

My klient het 'n gastehuis en is afhanklik van inkomste, maar dit lyk of julle vere voel.
Dus, as enige persoon huisvesting of ander diente benodig, bly weg van AfriHost.
Enige een kan my kontak as julle dit wil bevestig - 0844540498

Date:

Company: Afrihost.com

Country: South Africa   City: Head Office

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google