AfricaComplaints.com » Security » Complaint / review: An Security Consultants - GEEN diens gelewer nie! Uiters ongeskik! | #138227

An Security Consultants
GEEN diens gelewer nie! Uiters ongeskik!

Ek het R3000 in Andre Niemann se rekening inbetaal nadat hy my verseker het dat ek my geld van Marie Treeby binne 4 dae sou he, wat na 'n meer as 'n maand nooit gebeur het nie! By navrae het hy my uitgeskel as 'n arm blanke wat geld nodig het om 'n brood te koop! Hy het my ook gedreig met hoe Polisie Offisiere wat vir hom toutjies trek omdat hy werk vir die SAPD doen vir mahala! Die man het soveel leuens vertel waarop ek hom telkens uitgevang het en as ek hom konfronteer het hy op my gevloek en skree. Ek het hom mee gedeel dat ek nie meer se dienste verlang nie en my geld wil terug he aangesien hy geen diens kon lewer nie. Volgens hom betaal hy nie geld in SAPD lede se rekeninge nie en ek was verplig om 'n bewys van my man se bankbesonderhede te epos. Steeds het ek nie die geld nie en by navrae het hy gese dat ek my huis moet skoonmaak. Hy is uiters arrogant! Hy is nie by die raad van skuldinvorderings geregistreer nie en hy het geen magte om geld/meubels te verwyder nie! Hy sou kastig die geld persoonlik met sy helicpter vir my bring wat weereens nie gerealiseer het nie! Moenie Andre Niemann se dienste gebruik nie!

Date:

Company: An Security Consultants

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Security

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google