AfricaComplaints.com » Miscellaneous » Complaint / review: Huggies - Doeke is swak gemaak | #283634

Huggies
Doeke is swak gemaak

Ons het al hoeveel keer Huggies Gold doeke gekoop, en elke keer is daar 'n fout op die doeke. Ons het 2 kinders van die ouderdom van 5 en 3 jaar oud. Ek bel elke keer om dit te rapporteer en dan kry ons 'n voucher van hulle af. Ons kla nie oor die voucher nie, maar wel oor die kwaliteit van die doeke. Want dit is elke keer 'n geryery en tyd wat gemors word. En dan praat ek nie eers van die beltyd nie. Wat gaan aan met die kwaliteit? Ons het altyd gedink dat Huggies die beste is, maar nou twyfel ons. Ons het een hele pak doeke waar al die doeke los gaan langs die kant. En dan moet ek elke kort kort kyk na ons seuntjie se doeke, dan is dit geskeer. Sy klere en bed en als bly nat as gevolg van die doeke. Die kwaliteit is glad nie meer dieselfde nie.

Date:

Company: Huggies

Country: South Africa   City: Head Office

Category: Miscellaneous

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google