AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Toyota - NUWE RAV4 ONVERKRYGBAAR | #230866

Toyota
NUWE RAV4 ONVERKRYGBAAR

Ek het 3 maande gelede my Fortuner privaat verkoop nadat Humansdorp Toyota my veel minder as Ford daarvoor aangebied het (skande) Ek wil die nuwe RAV4 2.2D koop.

Volgens die verkoopsagent sou `n Rav4, 22 Sept beskikbaar wees. ( Nooit gebeur nie, geen terugvoer)

Die afgelope 2 maande is die Rav onverkrygbaar in die Oos-Kaap. Terselfdertyd het die pryse ook nou gestyg, dit terwyl niks beskikbaar is nie.

`n Produk word adverteer wat onverkrygbaar is en tersefdertyd eskaleer die pryse ook nog.

Op die verkoopsagent by Humansdorp (Kobus) kan jy ook nie op staatmaak nie. Beloftes, maar geen terugvoer nie. Ek is `n lojale Toyota ondersteuner, besit `n Toyota Double Cab en die nuwe Etios. Ek oorweeg dit egter nou om `n alternatiewe produk aan te koop. Ek is ook bewus van ander soortgelyke gevalle waar voornemende RAV4 kopers noodgedwonge die Kuga of BMW X1 aangekoop het.

Selfs `n epos aan Toyota Suid-Afrika via hul webwerf het geen reaksie uitgelok nie.

Ek is werklik teleurgesteld want ons het ons hart op die 2013 Rav4 2.2D gesit.

Date:

Company: Toyota

Country: South Africa   City: Humansdorp

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google