Ek het 'n uitkeer polis by Old Mutual gehad wat in Februarie 2013 moes uitbetaal. Ek sukkel nog steeds om die geld te kry. Elke keer as ek bel, praat ek met iemand anders en niemand kan afrikaans praat nie. Ek het 'n lys name so lank as my arm wat elkeen beloof het hulle bel my nog dieselfde dag terug, maar as EK die volgende dag terug bel, is hulle nerens te vinde nie.
Elke persoon wat antwoord het 'n ander rede hoekom ek nie die geld kan kry nie. Eers moes ek vorms invul en stuur. Toe is die vorms blykbaar ongeldig, want dit moes beedig word. Dit gedoen, toe moet ek hoor hulle het solank my geld iewers bele en dit sal 21 dae neem om los te kry. Ek het niemand toestemming gegee om my geld te bele nie. Nerens op die Old Mutual webblad kry ek 'n nommer of epos waar ek kan kla of hulp kry nie. Op die dokumente wat ek het is 'n "Anonieme Aanmeldingslyn" nommer, maar ek het 4 maal probeer en geen antwoord gekry nie. Ek soek asseblief net my geld.
0 comments