AfricaComplaints.com » Telecommunications » Complaint / review: Mtn - MTN moet verduidelik | #116773

Mtn
MTN moet verduidelik

Req 2152416 16/05/2013 verwys soos per Hellopeter respons vanaf Wenzile Masina.
Dis 6 dae later en nog geen oplossing of reaksie vanaf Mtn nie. Soos dit maar deesdae gaan moet die klient weer die opvolgwerk doen, want elke probleem word mos met die nuwe vloekwoord 'eskaleer, ' as verskoning vir onbevoegdheid/onbekwaamheid wanneer personeel nie die 'guts' het om 'n besluit te neem en aanspreeklikheid daarvoor te aanvaar nie. Dis in elk geval 'n uitgemaakte saak dat ek die R 150-00 lugtyd en die 150 sms'e wat vir my in die spesifieke pakket aangebied was gaan verloor, want daar is altyd 'n verskoning wat die klient die 'loser' maak en nie die mpy nie, soos in my geval was die SIII mini uit voorraad/ onttrek agv die 'launch' van die S4. Ek wil alle selfooneienaars ook waarsku om 300% seker te maak dat die foon wat hulle tydens opgradering ontvang by hulle vereistes pas en die WERKING daarvan verstaan want konsultante kry kommissie per transaksie en verduidelik gladnie die 'features' vd handstuk nie behalwe om die battery en sim te aktiveer. Ek het 'n groot rekening na opgradering ontvang omdat ek nie gewys is die foon se 'mobile data' afgeskakel moet word nie

Date:

Company: Mtn

Country: South Africa   City: Hoofkantoor

Category: Telecommunications

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google