AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Game - Swak diens | #4634

Game
Swak diens

Ek spreek my misnoe uit oor die swak diens wat ek nou al vir die hoeveelste keer by Game Worcester ontvang het. Hulle adverteer items in hulle blaadjies net sodat jy daar kan kom en dis nie op die rakke nie. Ek het vandag vir die derde keer terug gegaan om te gaan kyk of hulle die 80L Roller box al ingekry het. Die eerste keer het ek gesien in die blaadjie dat dit eers van die 10de Jan beskikbaar is, die 10de het ek weer gegaan, net sodat die persoon op die vloer vir my kan vra hoe dit lyk. Hulle vloer bestuurder Melcom het my besoederhede gevat en sou my terugbel as hy dit opspoor vandag gaan ek terug vir die 3de keer net sodat Melcom my nie eers onthou nie. Ek dring toe aan op 'n voucher en die vloerbestuurder Riaan moet dit toe uitprint. Toe ek vir hom se hulle diens is uiters pateties val hy my aan en se maar hy sal nie duld dat ek so met hom praat nie. Ek wat die klient is, het dus nie vryheid van spraak om te se as iets my pla of as ek nie tevrede is oor iets nie. En dit is net een van die dinge wat in die laaste paar weke gebeur het. Ek mag dalk een klient van vele wees en maak nie 'n verskil aan omset nie maar ek is nogsteeds die klient einde van die storie!

Date:

Company: Game

Country: South Africa   City: Worcester

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google