Gloudine
Ons wil jou hartlik bedank vir die pad wat jy die afgelope 2 jaar saam met ons gestap het. Die seuns wat in Aromapark nommers 1, 9 en 33 gebly het, waardeer alles wat jy vir hulle gedoen het. Hulle sal jou vriendelikheid en hulpvaardigheid nooit vergeet nie. Ons sal enige iemand wat verblyf soek, aanbeveel om met jou te skakel. Nogmaals baie dankie vir uitstekende diens. Christa du Preez
0 comments