Ek en my bejaarde moeder het die Spur in die Weskus Mall by Vredenburg besoek en, soos gewoonlik, was die kos heerlik en het ons dit baie geniet. Wat egter vreemd was, is toe die kelner my moeder aanspreek as "ouma". 'n Besigheid se personeel kan tog nie so famili? r met 'n kli? nt wees nie! Dit was vir ons 'n slegte ervaring en ons het nog net nie weer die vrymoedigheid gehad om weer daar te eet nie. Ek noem die geval sodat bestuur dit met hul personeel kan opneem. Verseker sal ouer persone nie tevrede wees om as "oupa en ouma" aangespreek te word nie en daardeur kan hul kli? nte verloor. (Datum mag verskil.)
0 comments