AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Fedhealth Medical Scheme - Fedhealth betaal nie geld aan my terug nie | #303718

Fedhealth Medical Scheme
Fedhealth betaal nie geld aan my terug nie

My seun se mangels is die 14/12/2013 uitgehaal by Intercare Dag hospitaal. Ek het die nodige magting en alles gekry. Fedhealth se uitdruklik dat hulle 7 dae se medikasie uit die "risk benefits" sal betaal na n operasie as die nodige magtiging gekry sou word. Toe ek egter die selfde dag na Dischem toe gaan (intercare dag hospitaal het my darna verwys want hulle het nie self n apteek nie) toe moes ek dit self betaal omrede ek dit nie by die hospitaal apteek gekry het nie. Hulle het nie een, so wat nou.

Ek het hulle toe gebel en het die nodige motivering geepos wat se daar is nie n apteek by die hospitaal nie, die voorskrif en die rekening wat duidelik se ek het dit klaar betaal. n Vrou bel my toe en se hulle gaan dit betaal, maar toe word dit direk aan die apteek betaal en nie aan my nie. Ek sien op my eise dat die eis wel betaal is aan die apteek en toe weer terug getrek is, maar ek het nog geen terug betaling van hulle af ontvang nie.

Ek is moedeloos en jaag my telefoon rekening op omdat ek heeltyd moet bel.

Date:

Company: Fedhealth Medical Scheme

Country: South Africa   City: Pretoria

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google