AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Beares - Kry nie produk wat ek soek nie | #47720

Beares
Kry nie produk wat ek soek nie

Hi ek wil vra is da iemand wat my kan help met raad. Ek het in Desember verlede jaar by Beares op rekening 'n Hi-fi, microgoloond en 'n tablet gekoop.|Toe ek met die dame gepraat het het ek vir haar gese ek wil die tablet he om in my kar op Facebook en internet gaan. Sy het toe vir my die Acer tablet gekry ma dit was 'n WI-Fi een so dit was die verkeerde een. Hulle het toe gese hulle sal vir my 'n andereen kry. Hulle kry toe een wat kleiner is as die Acer en dit is 'n Galaxy. Ek het toe gese weet jy wat dit is ma reg kry dit ek sal dit ma vat. Dit is al die einde van Februarie en ek het nog nie die Tablet ontvang nie. Da is elke keer verskonings soos die supplier het nie voorraad nie en die laaste een was die hulle wag vir aflewering en dit is nou al -2 weke se verskoning. Ek het al African Bank se hoofkantoor geskakel en hulle het my verwys na die Ombudsman wat op voicemail was. Het boodskap gelos ma nog niemand het terug gekom na my toe nie. Is da iemand wat my kan help om te se wat ek kan doen? Asb ek is raadop. Ek kan nie die rekening kanseleer nie want ek het intussen my werk bedank so as ek dit doen verloor ek ook die mikrogolfoond en hi-fi. En dit wil ek nie he nie.

Date:

Company: Beares

Country: South Africa   City: Lydenburg

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google