AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Makro - Die kliënt sit met ongerief en onkostes | #280975

Makro
Die kliënt sit met ongerief en onkostes

Ons koop 3 Desember 2012 `n dakwaaier by Makro. Einde November, 'n week voordat die waarborg verval, besluit dakwaaier genoeg is genoeg. Ek neem bewys van aankoop tesame met 'remote control' terug na hul. Goed hul sal dit wegstuur, dit sal `n week of twee neem.
Ek sakel hul en is redelik ontevrede en dring aan op `n 'remote' om intussen te gebruik. Goed, ek kan weer na hul winkel ry om `n nuwe 'remote' te leen. Die nuwe 'remote' korrespondeer nie met die dakwaaier nie, hul beveel aan ons moet die dakwaaier afhaal en inbring. Klink so maklik, ek moet iemand met kennis kry om die waaier te verwyder, die man vra my R250. Ek neem dit na Makro, dit kan tot 6 weke neem. Saterdag kry ons sms van Makro om te se ons moet kredietbewys by kantoor afhaal. Ons kry bewys van R699 wat die waaier gekos het - ons kan `n ander waaier koop.
My vraag is nou, wie sit met die ongerief en onkostes? Ek moes 4 keer Makro toe ry, elke keer 15 km en in `n lang ry staan omdat hul produk oneffektief is, ek moes geld spandeer om die waaier te laat afhaal - so die klient sit met die ongerief sowel as ekstra uitgawes. Hier kom die klient beslis tweede.

Date:

Company: Makro

Country: South Africa   City: Cape Gate

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google