AfricaComplaints.com » Recreation & Entertainment » Complaint / review: Multichoice - Debietorders | #117581

Multichoice
Debietorders

Kan Multichoice verduidelik hoekom intekenare wat ander maniere van betaling gebruik en verkies, nou half aggressief gedwing of verplig word om oor te skakel na 'n debietorder betaalmetode. Tot die maandelikse kompetisies bevoordeel nou amper net diegene wat 'switch'!!! Die inbelsentrum vra ook die vraag tot vervelens toe? Is daar dalk 'n 'spesiale' ooreenkoms met die relevante finansiele instelling/s of instansies waar betalings gedoen kan word of is dit maar net 'n ander manier van die heersende dwang ideologie van S.A.? Ek ruik 'n rot hier en geen entiteit gaan my verbied om kontant te gebruik as metode van betaling nie. Het Multichoice daaraan gedink dat 'n debietorder elke maand geld kos wanneer dit teen jou bankrekening verhaal word en daar is ander implikasies indien jy nie genoeg fondse het en die debietorder teruggestuur word!! Moenie vir die gewone mens dikteer wanneer julle dink julle het die monopolie en die grootste markaandeel nie en onthou mense uit die 'laer vlakke' van die samelewing is nie almal dom nie!

Date:

Company: Multichoice

Country: South Africa   City: South Africa

Category: Recreation & Entertainment

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google