Ek het my badkamer krane almal met krane vanaf Bathroom Bizzare vervang maar tot my spyt.
Badkamerkrane is veronderstel om lewenslank te hou maar al my krane val uit mekaar uit.
Ek sal nooit weer enige iets by Bathroom Bizzare koop nie en almal afraai om enige iets daar te koop.
Die showerdeur se onderste rubber is die eerste ding wat afgeval het.
Die bad kraan het nog nooit reg gewerk nie en lyk soos iets wat ontplof het.
Die wasbak krane is besig om uit mekaar te val.
Die silwer van my krane en showerkoppe is besig om als af te skilfer.
Ek is uiters terleurgesteld in Bathroom Bizzare se swak kwaliteit produkte.
0 comments